My storie

As 5-jarige was my bynaam: "Pienk en Pers".

Dus kom my liefde vir KLEUR én KLERE my lewe lank al aan. 

Jare lank elke "makeover" program verorber, so vanaf die bank raad gegee en altyd gewonder hoe en waar ek hierdie liefde sal kan uitleef. 

So begin ek Januarie 2016 bid om dit te kan doen vir 'n lewe, want ek het gesien wat die emosionele en sielkundige impak om my as nuwe mamma was toe ek die dag myself mooi aantrek, al was ek nog post-partum.

Volle 8 jaar se bid later, maak die Here 'n weg vir my en ek gaan verseker nie terugkyk nie.

 

Ek glo dat jou storie belangrik is, dat jou persoonlikheid en perfekte kleure in harmonie moet wees en dat wanneer jy jou klerekas oopmaak; jy moet sê: "Hierdie is SO ek!" 

 

Ek kan nie wag om hierdie ontdekkingsreis na jou ware self saam met jou te stap nie!

Agter die skerms van jou konsultasie